Local newsNews

Parys maak wenskuiwe in Gauteng Interstreek-toernooi

Baie geluk aan hierdie spelers

Wenskuiwe is op 7 en 8 Desember deur Parys se skaakspelers gemaak wat Sedibeng by die Gauteng Interstreke Volwasse en Senior skaaktoernooi verteenwoordig het. Boonop is geskiedenis deur Desmond Theunis, ‘n inwoner van Vredefort gemaak, toe hy die eerste gesiggestremde speler was om Sedibeng by die interstreektoernooi te verteenwoordig.

Willem Erasmus en Ernest Phakoe het saam met hul A-spanlede goud verower, en eindig as algehele wenners van die senior-afdeling. Die span kon ook twee bordpryse inpalm waarvan een deur Willem gewen is. Ernest het ‘n skitterende drie uit vyf van sy wedstryde gewen.

Tshediso Ramabodu het vier van sy vyf wedstryde vir die B-span gewen en ook die algehele bordprys verower vir al die deelnemende senior spanne. ‘n Merkwaardige prestasie.

Werner Ernst en Desmond Theunis, met Danny Botes as reserwe, het ten spyte van baie strawwe kompetisie, uitstekend gevaar op die bord vir die B-span.

‘n Totaal van 1 200 spelers van Johannesburg Metro, Tshwane, Wesrand, Dr Kenneth Kaunda, Sedibeng en Ekurhuleni het aan die toernooi deelgeneem, met vier spelers per span. Sedibeng het in totaal 135 spelers by die toernooi gehad.

Parys se skaakspelers wat deelgeneem het aan die toernooi sê dankie aan die borge wat gehelp het met toegangsgeld en die koste vir vervoer. Spesiale dank aan ‘n anonieme speler van die Dassiepad-groep, Willem, Sedibeng Chess se Hannes Mittermaier, Andries, Irene en Angi, Natasha vir die borgskap by TDC Technology Driven Concepts (pty) Ltd, en Andre Theron en Hannes Mittermaier vir hul ondersteuning om die Parys spelers aan boord te kry.

Lede van die A-span is van links André Nel en Parys se Willlem Erasmus en Ernest Phakoe.
Links en tweede van links is Willem Erasmus en Tshediso Ramabodu wat bordpryse in die senior-afdeling gewen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button