Desmond gerekende teenstander op sy Braille-bord
Dit is 'n groter uitdaging, gee Desmond toe, maar vir 'n uirdaging het hy nog nooit teruggestaan nie.
Desmond Theunis was ‘n jong seun van 14 jaar toe sy koshuisvader by die Athlone School for the Blind hom leer skaak speel het. Vandag is hy ‘n speler om mee rekening te hou. Iemand wat pas sewende geeïndig het in ‘n aanlyn skaaktoernooi vir blindes.
Desmond speel op ‘n Braille-skaakbord en word gesiggestremde spelers soos hy toegelaat om aan die stukke te voel om te bepaal watter stukke waar op die bord is. Sodra jy egter die skaakstuk opgetel het word dit as ‘n skuif getel, verduidelik Desmond.
Braille skaakborde het ook gaatjies waarin die pennetjies van die stukke pas, Die SA Braille Skaakvereniging bied geleentheid vir gesiggestremde spelers om teen mekaar te speel, maar dit gebeur ook dat gesiggestremdes en nie-gestemdes in toernooie teen mekaar speel, vertel Desmond wat die afgelope naweek die eerste gesiggestremde was om Sedibeng se B-span by die Gauteng Interstreke toernooi te verteenwoordig .
Met die toernooi het Desmond op sy Braille-bord ‘n skuiwe gemaak, terwyl die nie-gestremde spelers teen wie hy gespeel het op gewone skaakborde hul skuiwe gemaak het. Kommunikasie is belangrik sê Desmond sodat spelers die heel tyd weet watter skuiwe gemaak word omdat daar op twee borde gespeel word.
Dit is ‘n groter uitdaging, gee Desmond toe, maar vir ‘n uirdaging het hy nog nooit teruggestaan nie.

Hoewel hy eeen uit vyf van sy wedstryde by die interstreke toernooi gewen het, is dit ‘n merkwaardige prestasie vir Desmond omdat daar ook teen spelers gespeel is met hoër graderings.



