Local newsNews

So lyk dit nou by Grootdraaidam

Daar het reën in die Vaaldam, Bloemhofdam en Grootdraaidam se opvangsgebiede geval.

Die Grootdraaidam naby Standerton is tans 97,73% vol met uitvloei teen 456 kubieke meter per sekonde en invloei teen 270 kubieke meter per sekonde. Daar is 16mm reën in die dam se opvangsgebied gemeet.

Twee sluise is steeds op 3m oop, maar een van die sluise sal na 1m verminder word teen 12:00 vanmiddag. Grootdraaidam se water vloei in die Vaalrivier en voed uiteindelik ook Vaaldam.

Die foto is by Grootdraaidam vroeër vandeesweek geneem toe begin is om sluise oop te maak. Foto: Verskaf

Vaaldam is vanoggend 32,94% vol met invloei teen 1 030 kubieke meter per sekonde. Daar is 12,8mm reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Barrage staan op 98,25% met uitvloei teen 44,783 kubieke meter sekonde.

Bloemhofdam is nou 70,76% vol.  By die dam se opvangsgebied is 16mm reën gemeet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button