Local newsNews

Aanstelling van finansiële hoof nietig verklaar

Die pos is vakant verklaar is, en sal geadverteer word, het die munispaliteit gesê.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het die aanstelling van sy finansiële hoof nietig verklaar weens die nie-nakoming van ‘n artikel in die Wysigingswet op Munisipale Stelsels (Artikel 56 (2)(a) – Wet nr. 3 van 2022). Die munisipale woordvoerder, Steve Naale, het ook bevestig dat die aanstelling verval as gevolg van die nie-nakoming van Artikel 57 van die Wysigingswet op Munisipale Stelsels (Wet nr. 3 van 2022, Subartikel 2 paragraaf (a)).

Die munisipaliteit sê verder dat die pos vakant verklaar is, en geadverteer sal word. ‘n Keurkomitee wat deur die Raad aangestel is, moet die proses bestuur.

Intussen sal Serame Phetoane, finansiële bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, in die pos as hoof- finansiële beampte waarneem na ‘n besluit wat deur die Raad tydens ‘n dringende spesiale raadsvergadering verlede week geneem is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button