Fezile Dabi gee erkenning vir onderwysers en matrikulante se uitstaande prestasie
Baie geluk aan elkeen van die leerders en onderwysers wat erkenning op provinsiale en distriksvlak gekry het.

Onderwysers en leerders van Hoërskool Parys was die afgelope naweek onder die skole wat erkenning gekry het by ‘n toekenningsgeleentheid van die Departement van Onderwys in die Fezile Dabi-distrik.
Dié distrik se 2024-matrikulante het geskitter met die beste prestasie in die Vrystaat, en naasbeste prestasie in die land.
Tydens die funksie wat in Zamdela gehou is, is skootrekenaars, tasse en sertifikate aan die distrik se toppresteerders oorhandig.
Onder Hoërskool Parys se uitblinkers wat na die funksie genooi is, was Kyla Jardim en Zak Naude wat albei onder die Top 20 leerders in die distrik is, en Ingemar Fouché, Suré de Swardt, Hilke Scheepers en Deandré Pieterse wat onder die distrik se Top 40 leerders is.
Sertifikate vir uitnemende prestasie is by die geleentheid aan die volgende onderwysers van Hoërskool Parys oorhandig: Andrea Dednam (100% slaagsyfer vir Afrikaans Huistaal met ‘n gemiddeld van 65.2%), Ezilda Fouche (100% slaagsyfer in Afrikaans Huistaal met ‘n gemiddeld van 65.2%), Andrea Dednam (100% slaagsyfer vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met ‘n gemiddeld van 57.2%), Christel Fouche (100% slaagsyfer vir lewensoriëntering met ‘n gemiddeld van 70.2%), Salomé van der Westhuizen (100% slaagsyfer vir wiskunde geletterdheid met ‘n gemiddeld van 56.3%), Lucien van Zyl (100% slaagsyfer vir wiskunde geletterdheid met ‘n gemiddeld van 56.3%) en Charlotte Marx (100% slaagsyfer vir fisiese wetenskap met ‘n gemiddeld van 52.1%).
Die skool self het ‘n toekenning ontvang vir skole wat ‘n slaagsyfer van tussen 90 en 99% behaal het.

Nog ‘n leerder van Hoërskool Parys, Jadon Smit, het vroeër vanjaar reeds die eer te beurt geval om na die Departement van Onderwys se prestige erkenningsgeleentheid vir die provinsie se toppresteerders genooi te word.

* Yakhisizwe Secondary School’s N.E. Mzunga received a certificate for 100% pass rate for learners with Isixhosa Home Language and an average of 69.5%.The school’s Constance Thandaza Nkobolo was acknowledged for being among the top 40 learners in the district.
* Phehellang Secondary School’s Jeremiah Masasa en Malibo Bongani were among the district’s Top 40 learners.
The school’s teachers who were acknowledged for excellent results were Lena Moroe with a 100% pass rate for life sciences, Cadija Maripa with a 100% pass rate for business studies, SM Mofokeng with a 100% pass rate for accounting, and JB Motloung for 100% pass rate for mathematics.
* SS Paki’s Ms. Makae and Ms Masike received recognition for their excellent results in Afrikaans Second Additional Language, as well as Yvonne Pinky Yalo who received her laptop and certificate as one of the Top 40 learners in the district.
