Local newsNews

Ingenieur kyk na skade by brug

Die skade is in Desember gesien en is die loopvlak van die brug gesluit ter wille van veiligheid.

Die gebreekte spanningskabel by Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier kan reggemaak word. Dit is die mening van Kevin Wood, ‘n strukturele ingenieur, wat Vrydag die brug saam met Mike Fourie, van die Parys Golf & Country Estate, en Johan Swart van AfriForum besoek het, om die skade by die brug te evalueer.

Wood het ook bevestig dat die kabel gebreek het as gevolg van verwering oor die jare. Die skade is in Desember gesien. Die loopvlak van die brug is sedertdien gesluit ter wille van veiligheid. Omdat die spanningskabel in die sementstruktuur aan die dorp se kant van die brug gebreek het, sal ‘n volledige evaluering van die skade, en die toestand van die kabels aan beide kante van die brug nou gedoen moet word, om ‘n aksieplan en kosteberaming te kan doen.

Die skade van naderby gesien
Mike Fourie, Johan Swart, en Kevin Wood besig met evaluering van die skade by die 1919 Hangbrug oor die Vaalrivier waar ‘n spanningskabel in Desember gebreek het.

Die inisiatief om kundiges in die private sektor te betrek vir advies oor die herstel van die kabel, is danksy vrywilligers van die 1919 Hangbrug-groep wat ‘n jaar gelede die brug se draadwerk aan weerskante van die loopvlak herstel het, die brug en omgewing verfraai het en steeds instand hou. Die hangbrug is een van Parys se grootste toerisme trekpleisters waarby die hele toerismebedryf in die dorp baat.

“Daarom is die plan om die plaaslike toerismebedryf en die Erfenisstigting te nader vir befondsing om die kabel te herstel,” het Fourie gesê. Mense kan ook ‘n elektroniese bydrae maak vir die herstel van die brug in die volgende rekening: 1919 Brug, FNB, takkode: 250137, rekeningnommer: 63069763895.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button