Nog reën kom: Motoriste gewaarsku
Lae maksimum temperature en reën word oor groot dele van die land ook vir die res van die week voorspel.

Dit sous- van Brakpan tot in Louis Trichardt, – en nog reënweer word ook vir môre en in dele van die land vir die res van die week nog voorspel.
Die weerdiens het Sondag reeds waarskuwings ‘n uitgereik vir moontlike stormweer in die sentrale en oostelike dele van die land tussen 16 en 20 Februarie.
Reën het Sondag oor die Noordwes en Gauteng provinsies, asook die noordelike dele van die Vrystaat, hoëveld gebiede van Mpumalanga en die suidwestelike dele van Limpopo uitgesak, en is motoriste gewaarsku teen kitsvloede veral by laagwaterbrue en op paaie.
Mense in laagliggende gebiede is ook gewaarsku om uiters versigtig te wees veral in die sentrale en oostelike dele van die land met swaar reën wat tot minstens Woensdag sal val.
Die weerdiens sê paaie is nat en glibberig en is mense is gemaan om te hou by spoedgrense, volgafstande te handhaaf, en uiters versigtig te bestuur.
Laer temperature sal vir die res van die week gevoel word.
Vaaldam het vanoggend op 62,87% gestaan met invloei teen 112,89 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 16,800 kubieke meter per sekonde.
Parys het sover vir Februarie reeds 22,7mm reën gehad en dit reën steeds.



