Emfuleni gewaarsku oor rioolstorting
AfriForum se Vanderibjlpark het verskeie versoeke ten opsigte van die regstel van die rioolstortingsprobleme tot die Emfuleni Munispaliteit gerig en is die munisipaliteit tyd tot 21 Februarie gegee om gehoor te gee daaraan.

Die burgerregte organisasie AfriForum, sê hy sal moontlike regstappe oorweeg as terugvoer nie gekry word van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit op die organisasie se Vanderbijlpark-tak versoek dat dringend ingegryp word by die rioolstorting in Berthault van der Rietstraat in Vanderbijlpark CW5.
AfriForum sê die riool stoot terug as gevolg van die rioolpyplyne in die omgewing wat in duie gestort het weens ’n gebrek aan instandhouding.
In ’n brief wat AfriForum op 12 Februarie aan die Emfuleni-munisipaliteit gestuur het, word van die munisipaliteit versoek om ’n aksieplan op te stel en uit te voer om die rioolpyplyne te herbou; om toe te sien dat die rioolstorting onmiddellik gestaak word; om die geblokkeerde pype oop te maak en om die gebreekte afvoerpype te herstel. Verder word versoek dat die munisipaliteit die besoedelde gebiede skoonmaak.
Die munisipaliteit is tyd gegee tot 21 Februarie om AfriForum se eise na te kom.