Local newsNews

Miljoene liter water daagliks verloor weens swak bestuur

Gebrekkige instandhouding en munisipaliteite se skuld aan waterrade kniehalter watervoorsiening

Die Vereniging van Water- en Sanitasie Institute van Suid-Afrika (AWSISA) sê hy is diep bekommerd oor munisipalitite se versuim om waterbronne doeltreffend te bestuur. AWISA sê die kritieke toestand van Suid-Afrika se watersektor word vererger weens  munisipaliteite se onvermoë om waterhulpbronne effektief te  bestuur ten spyte van toelaes van die nasionale regering aan  waarmee waterinfrastruktuur onderhou moet word.

AWISA sê die gebrek aan instandhouding lei tot grootskaalse waterverliese. In Gauteng word  geraam dat ongeveer 2,6 miljard liter water per dag verlore gaan weens gebrekkige instandhouding.

Die situasie is benard en moet munisipaliteite hul verantwoordelikheid as waterdiens ernstig opneem, sê AWISA.

Boonop skuld munisipaliteite waterrade meer as R25 miljard, wat ook die watersektor se finansiële volhoubaarheid bedreig,.

AWISA sê die finansiële volhoubaarheidsuitdagings wat munisipaliteite in die gesig staar moet aangespreek word, en beklemtoon dat die kultuur van wanbetaling deur burgers moet verander. Dit geld ook vir staatsdepartemente en besighede wat moet verseker dat munisipale rekeninge betyds betaal word.

Daar is verder gewys op die nodigheid van stabiele kragvoorsiening aan watersuiweringswerke wat die effektiewe behandeling en voorsiening van water vir munisipale gebruikers raak.

AWISISA sê hy versoek die provinsiale en nasionale regering, die sakesektor, en burgers om munisipaliteite aanspreeklik te hou vir hul rol in die waterkrisis. “Dit is noodsaaklik  dat ons saamwerk om die grondoorsake van die probleem aan te spreek en te verseker dat munisipaliteite toegerus is om waterbronne effektief te bestuur.”

Die vereniging sê hy bly egter daartoe verbind om met alle belanghebbendes saam te werk om ‘n ommeswaai in die waterkrisis te bewerkstellig ter wille van toekomstige geslagte.

‘n Ernstige beroep is daarom op munispaliteite gedoen om waterverliese dringend aan te spreek, waterrade te betaal, en seker te maak volhoubare watervoorsiening vir almal word verseker.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button