Local newsNews
Vragmotorbestuurder kom lig daarvan af na soveelste ongeluk op R59
Verskeie ernstige ongelukke met noodlottige beserings is die afgelope twee maande op die R59 tussen Parys en Sasolburg aangemeld.

‘n Vragmotorbestuurder is Sondagaand lig beseer na ‘n botsing sowat 13km buite Parys op die R59.
Die vragmotor het teen ‘n boom tot stilstand gekom. Die ongeluk is net voor 20:00 gerapporteer. Nooddienste is na die toneel ontbied en is die vragmotorbestuurder per ambulans van die toneel vervoer.
Dit was die soveelste ongeluk op die R59 die afgelope twee maande waarvan verskeie noodlottige beserings gehad het. Net gedurende Januarie is vyftien ongelukke op die R59 tussen Sasolburg en Parys aangemeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.