Local newsNews

‘Trou met my’ in die lande, toe sê sy ja!

Na drie jaar van saam wees, is Stephan en Berné albei opgewonde oor die toekoms. Die paartjie beplan om na oestyd, in Augustus of September, die knoop deur te haak. 

Stephan Potgieter, ‘n 27-jarige boer van Heidelberg in Gauteng het sy verloofde, Berné Wessels (21), op Valentynsdag op ‘n buitengewone manier gevra om met hom te trou. In die  suikerboonlande op sy plaas het hy met ‘n planter, die woorde “TROU MET MY”  geskryf.

“Dit is die manier waarop ek nog altyd my vrou wou vra om te trou. Ek het van kleintyd af agedroom van die manier. Ek het  eers met die presisieboerdery besef dit is werklik moontlik,” vertel hy.

Dit was egter vir Potgieter ‘n effense uitdagings om die groot letters in die landerye ‘n geheim te hou, vertel hy. Twee maal het boere in die omgewing foto’s vanuit die lug geneem en op plaaslike WhatsApp-groepe gedeel, en Potgieter moes verduidelik dat dit ‘n verrassing is. Toe Wessels in ‘n stadium by hom gekuier het, het sy pa ook hardop gewonder wat in die lande aangaan… “Toe moes ek die geheim maar met hom deel.”

Potgieter en sy pa, Willem Potgieter, boer met mielies, beeste soja- en suikerbone.

“Ek het ook ‘n verlowingsbraai vir die Vrydagaand beplan, en ek het dit met familie en vriende gedeel, maar ek moes sorg dat die geheim nie uitkom nie,” vertel Stephan laggend.

Maar soos ‘n boer weet, is dit nie altyd net die perfekte beplanning wat saak maak nie, maar ook die weer en omstandighede. Potgieter se landboukundige van Agropedo, Martin Harris, het in Desember die verrassing met ’n fyn uitgewerkte plantkaart voorberei. “Hy het in ‘n stadium vir my gesê al hierdie plante gaan vrek. Daar was ook die moontlikheid van hael, swaar reën of die son wat skade kon veroorsaak.”

“Die Here se hand was duidelik in my plan,” sê Potgieter. “Die boontjies het ten spyte van die moontlike uitdagings steeds perfek uitgedraai, en mooi en sterk gegroei. Dit was vir my weereens bevestiging dat dit ‘meant to be’ is.”

Na drie jaar van saam wees, is Stephan en Berné albei opgewonde oor die toekoms. Die paartjie beplan om na oestyd, in Augustus of September, die knoop deur te haak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button