Local newsNews

Nat paaie: Ernstige waarskuwing vir motoriste

Nog reën is deur die weerdiens voorspel vir die week.

Met nog reën wat vir die week wat deur die Weerdiens vir groot dele van die land voorspel is, en swaar reën wat veral in Gauteng val sedert die naweek, is motoriste ernstig gewaarsku om meer bedag te wees op veiligheid van paaie, veral by laagwaterbrue.

Nat paaie veroorsaak n hoër risiko vir padgebruikers met swak of beperkte sig.Voertuie gly makliker en daar is die gevaar van paaie wat oorstroom kan word. Daarom is dit so belangrik om volgafstande te hou. So ook om te hou by spoedgrense.

Onthou dat slaggate minder sigbaar is wanneer dit reën.

Wanneer daar water oor die pad is, misreken motoriste hulle dikwels met die krag en diepte van die water. Selfs bewegende water wat net 30cm diep is, is genoeg om ‘n voertuig mee te sleur. Dit is ook onmoontlik om te weet wat die toestand van die pad is sou daar water oor die padoppervlak wees.

Daar is altyd die moontlikheid dat jou voertuigenjin kan stol as jy deur water sou ry.

Luister na verkeersverslae wat jou vroegtydig kan waarsku waar alternatiewe roetes gevolg moet word.

Hou die volgende in gedagte wanneer jy bestuur in reënweer:

  • Verminder spoed en hou by volgafstande. Groter afstand is nodig om te stop wanneer paaie nat is.
  • Gebruik jou hoofligte vir beter sigbaarheid.
  • Waak daarteen om nie skiellik rem te trap nie en wees bedag op skerp draaie waar voertuie kan gly. Rem egalig om te verhoed dat jy gly.
  • Kyk uit vir waterpoele wat moontlik kan dui op slaggate op die padoppervlak
  • Gaan jou bande na voordat jy op die pad gaan.
  • Maak seker jou ruitveërs is in n goeie en werkende toestand.
  • Jou voertuig moet te alle tye padwaardig wees.
  • As jy in vloedwater vasgevang sou word – bly kalm en probeer by ‘n venster uit die voertuig kom.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button