VLU-vroue se spog handwerk bekroon
Die vroue is ook die oggend in Gingham-borduurwerk touwys gemaak - 'n Australiaanse tipe borduurwerk wat bemeester moet word vir 'n artikel wat later vanjaar vir 2026 deur VLU-lede gemaak sal word.
Die spog handewerk deur lede van die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU) tak is onlangs bekroon toe trofees uitgedeel is vir lede se betrokkenheid gedurende 2024. Thea Guilluame het ook by die geleentheid haar 40 jaar balkie ontvang.


Die dames is die oggend deur Annatjie Dreyer touwys gemaak in Gingham-borduurwerk – ‘n Australiaanse tipe borduurwerk wat bemeester moet word vir ‘n artikel wat later vanjaar vir 2026 deur VLU-lede gemaak sal word. Elke dame het ‘n pakkie met borduurbenodigdhede gekry en het dié nuwe vaardigheid gesorg vir groot genot by die vroue.

Daar sal weer op 4 Maart bymekaar gekom word. Gaste is welkom. Vir navrae oor die byeenkoms of as jy wil bywoon, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304. Dagboek ook solank die res van die jaar se VLU-vergaderings:
1 April
6 Mei
1 Julie
5 Augustus
7 Oktober
4 November



