Local newsNews

Beurtkrag dalk vanaand verlaag

Krag herstelplan steeds op koers, sê Eskom

Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, het op ‘n nuuskonferensie vroeër vandag gesê beurtkrag fases behoort moontlik teen vanaand al, of Maandagoggend na verwagting verlaag te word.

Hy sê die rede vir die skiellike beurtkrag wat Saterdagmiddag ingestel is, was as gevolg van ‘n transformator by Majuba-kragstasie wat oorlaai geraak het toe ‘n eenheid na ‘n lang hersteltyd aanlyn gekom het. Die krisis het Sondagoggend vererger met ‘n hidroliese afsluiter wat by Camden-kragstasie Sondagoggend onklaar geraak het, en Medupi-kragstasie wat toe wisselvallige tellings  in sy frekwensieband gekry het as gevolg van die probleme by Camden en Majuba. Die wisselvallige tellings noodsaak dat eenhede eers afgeskakel moet word om probleme op die kragnetwerk te verhoed.

Die uiteindelike gevolg van al die probleme wat Eskom ondervind het sedert Saterdagmiddag was dat tien van sy eenhede verlore gegaan het, maar is ses reeds weer aanlyn, asook ‘n eenheid van Matimba-kragstasie wat ook weer aanlyn is.

Die minister van elektrisiteit en energie, Dr Kgosientsho Ramokgopa het by die nuuskonferensie  die versekering gegee dat daar geen bewyse van sabotasie by enige van sy kragstasies was wat die krisis veroorsaak het nie. Minister Ramokgopa het die krisis as tydelike terugslag beskyf  en gesê dit is ‘n inherente risiko verbonde aan Eskom se langdurige herstelplan om ononderbroke kragvoorsiening te verskaf. Hy het gesê gebeurlikheidsplanne is in plek vir probleme soos die naweek ondervind is, en dat die herstelplan steeds op koers is.

Die kragkrisis het Parysenaars swaar geraak wat vroeër die week ook hul moes staal teen hernude watertekorte weens ‘n gebreekte pomp wat vervang moes word,, en daarna ook verskeie groot pypbarste Sondag. Met die gebrek aan noodkragvoorsiening by die dorp se watersuiweringsaanleg wat alreeds onder druk is weens herstelwerk en opgradering wat tans gedoen word, het fase 6 beurtkrag die waterkrisis des te meer vererger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button