Daar word tans gewerk aan die slaggate op die R59 tussen Parys en Sasolburg. Let daarop dat daar ‘n stop/ry-punt is waaroop motoriste bedag moet wees.
Na die onlangse swaar reën skep slaggate op dié gedeelte van die R59 ‘n groot gevaar veral saans en in reënweer wanneer sig belemmer word.

Nadat motoriste vroeër vanjaar ook gekla het oor skade aan bande op die pad, is daar in Januarie van die slaggate herstel, maar is ‘n kontrakteur nou aangestel om werk te maak van die lewensgevaarlike slaggate.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



