Local newsNews

Parys Hoër atlete skitter by VS Platteland Premier Liga-byeenkoms

Parys hou styf duim vas vir julle vir die Vrystaat Skole atletiekbyeenkoms dié naweek.

Die jaarlikse PPL Top 10 atletiekbyeekoms wat in samewerking met die Hoërskool Wilgerivier aangebied word, is ‘n hoogtepunt op elke atleet se kalender. Dié byeenkoms word deur SuperSport uitgesaai, en atlete kry geleentheid om kragte te meet voor die Vrystaat Skole-atletiekbyeenkoms wat op 7 en 8 Maart gehou word.

Hoërskool Parys se atlete eindig sesde in Kategorie A by die PPL byeenkoms en wen ander plattelande skole in groep B volgens punte vir top posisies wat deur die skool se atelte behaal is.

Nico Rust.
Mari Potgieter.
Wouco Cronje van Hoërskool Parys in aksie by die PPL-atletiekbyeenkoms. Foto’s: Marais Nell.

Parys se atlete het gespog met ‘n eerste plek, agt derde plekke, sewe vierde plekke en vier vyfde plekke. Die uitblinkers was Divan Bornman, Kai Koekemoer, Mari Potgieter, Joshua Ralekholela, Nico Rust, Courtney Cooper, Nuri Rourke, Heinrich Nortjé, Gina van der Westhuizen, Henk Small, Rorisang Roberts, Thabang Kamfer en die dogters o19 aflosspan.

Die atlete wat die naweek aan die Vrystaat Skole atletiekkampioenskappe sal deelneem. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button