Sassa en Postbank-kaarte: Sperdatum dié week
Mense wat die sperdatum sou misloop sal ook nog na 20 Maart kan aansoek doen vir die Postbank kaarte.

Sassa-begunstigdes wat hul toelae met die goue kaart van Sassa en Postbank kry, het tyd tot Donderdag, 20 Maart om na die nuwe swart Postbankkaarte oor te skakel. Die sperdatum was by herhaling in die verlede uitgestel en word geskat dat sowat 1,4miljoen Postbank-kliënte steeds nie die nuwe kaart het nie.
Postbank is net een van die Suid-Afrikaanse banke wat die maandelikse uitbetalings maak aan 2,6 miljoen (of te wel 15%) van die 19 miljoen begunstigdes van maatskaplike toelaes. Tot dusver het Postbank 1,1 miljoen van die nuwe kaarte uitgereik aan begunstigdes.
Die versekering is egter gegee dat toelaes uitbetaal sal word aan mense wat nie betyds oorgeskakel het nie, selfs na die sperdatum, en dat die geld in begunstigdes se rekeninge sal reflekteer. Die goue kaarte sal egter nie na die sperdatum meer werk nie.
Begunstigdes se rekeningnommers bly met die oorskakeling onveranderd.
Jy kan ook steeds na die sperdatum die oorskakeling na die nuwe kaart doen. Al wat jy nodig het is jou identiteitsdokument wanneer jy na jou naaste poskantoor sou gaan om die oorskakeling te doen.
Mense wat nie fisies daartoe instaat is om te gaan om die oorskakeling te doen nie, kan die Sassa of Postbank-inbelsentrum skakel en registreer vir ‘n tuisbesoek. Jy sal egter ‘n doktersbrief of brief van jou kliniek of maatskaplike werker nodig hé om te bevestig dat jy nie fisies instaat is om te gaan aansoek doen nie