Local newsNews

Ringe klap vir Proteas oor Parys se nette

Die Protea-spanne vertrek eersdaags na Duitsland vir hul kragmeting daar.

Die ringe het vanoggend behoorlik geklap oor die nette by die Parys-ringtennisklub se binnenshuise baan waar die senior Protea-spanne ‘n harde oefensessie ingesit het voor hul vertrek na Duitsland waar hulle van 1-15 Julie sal toer.

Met Parys wat die enigste klub is wat oor binnenshuise bane beskik, was dit die ideale oefen omstandighede vir die senior-spanne wat ook in Duitsland op binnenshuise bane sal speel.

Die Suid-Afrikaanse o21-toets word op 5 Julie in Kieselbronn beslis en die Senior-toets op 6 Julie, ook in Kieselbronn. Daarna sal ‘n o21-toets op 12 Julie in Karben gespeel word, en die Senior-toets op 13 Julie in Karben.

Dit is die agtste keer dat Suid-Afrikaanse ringtennisspanne in Duitsland in aksie sal wees, waarvan twee wêreldbeker-kompetisies was. Duitsland het Suid-Afrika reeds vyf keer besoek.

Die senior Protea-span wat vanjaar hul staal gaan wys, bestaan uit vyf mans en vyf dames waarvan twee mans en twee dames van Sedibeng is.

Die junior Protea-span bestaan uit vyf mans en ses dames waarvan een van die dames van Sedibeng is.
Parys Ringtennnisklub en Parke Ringtennisklub van Vanderbijlpark, vorm die Sedibeng provinsie.

  • Die Suid-Afrikaanse enkel ringtenniskampioenskappe vir die o.13, o.16 en o.21 spanne, sowel as die seniors en veterane word volgende naweek in Pretoria beslis. Die seisoen eindig met die SA senior-toernooi wat oor die Paasnaweek van 18-21 April in Vanderbijlpark beslis word. Heelwat Parysenaars sal ook by die toernooi in aksie wees. Dit sluit in by die A2-span Johan Britz (veterane), Esther Goosen  (veterane), Melissa Meyer (0.16) en Lené van der Merwe (0.16), asook by die B-span Dewald Meyer, (o.16), Caldon Bampa (o.16), Brandon Bernardo (o.21), Etheon Bampa (o.16), Benjamin Viljoen (o.13), Anneri du Toit (0.16), Melissa Lubbe (0.16), Abigail Fouche (o.16) en Aviël Viljoen (o.16). en by die C-span Declan Bampa (o.13), Stevan Bampa (veterane), Mikhail Bampa (0.13), Conrad van der Merwe (veterane), Fouche de Wet (veterane), Kara Bampa (o.13), Chaney van der Merwe (senior), Leonie van der Merwe (0.16) en Charlotte Meyer (veterane).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button