Local newsNews

Groot rugby en netbalaksie met 49 wedstryde wat wag

Wedstryde vind plaas Dinsdag 1 April 09:00-20:00, Woensdag 2 April 09:00-20:00 en Vrydag 4 April 08:00-14:00.

Agt-en-twintig rugbywedstryde en 21 netbalwedstryde sal gesien word by vanjaar se Parys Hoërskool Alumni Namgola Sportweek, aangebied deur Gracelands Energy. Die week vind plaas by Hoërskool Parys van 1-4 April. Alle wedstryde sal lewendig op Supersport Schools uitgesaai word.

Wedstryde vind plaas Dinsdag 1 April 09:00-20:00, Woensdag 2 April 09:00-20:00 en Vrydag 4 April 08:00-14:00.

Skole wat op die rugbyveld gaan kragte meet is Zastron, Retief, Parys, Sasolburg Hoërskool, Die Ankerskool, Hoopstad, Maragon, Brandfort, Hennenman, Potch Boys High, Reddersburg, Heilbron, Petrus Steyn, Pionier, New Horizon College Harrismith, Kempton Panorama, en New Horizon College Bethlehem. Parys sal op 1 April in die openingswedstryd om 09:00 kragte meet teen HTS Sasol.

Spanne van skole wat op die netbalbane in aksie sal wees, sluit in Parys, Die Ankerskool, Brandfort, Zastron, Fochville Pionieer en Kempton Panorama. Die openingswedstryd is tussen Parys en Panorama op 1 April om 10:00.
Toegang kos R20 per volwassene en R10 vir skoliere per dag.

Daar sal van boereworsrolle tot beef burgers, pannekoek, geroosterde toebroodjies, cheesy chips, koffie en nog meer te koop aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button