Local newsNews

Goeie pryse by Bonsmara nasionale veiling behaal

Goeie pryse by Bonsmara nasionale veiling behaal

Die Bonsmara SA nasionale veiling is verlede week by die AfriDome in Parys gehou, en is die hoogste bod op R300 000 toegeslaan vir ‘n dragtige koei en haar bulkalf.

Die koper was Genetic Links, met Arthur de Villiers en sy seun van Vrede as verkopers.

“Die 55 koeie wat op die veiling te koop was, het ‘n gemiddeld van R91 000 gehaal,” sê Louis Steyl, uitvoerende hoof van Bonsmara SA.

Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bloemfontein en is ‘n jaarlikse samekoms van telers reg oor die land.

“Hoewel rekordpryse nie behaal is nie, was daar goeie pryse met vyf koeie wat vir meer as R200 000
verkoop is,” sê Steyl. Die veiling is voorafgegaan met ‘n gholfdag en jaarvergadering.

Vanjaar se spreker was PJ Butler van Amerika wat gesels het oor eenvoudige beesbestuur en kudde
funksionaliteit, en die rol wat goeie seleksie speel.

Meer as 400 mense het die veiling bygewoon. Steyl sê Bonsmara telers het die dorp baie geniet, en is hulle
volgende jaar terug vir die veiling, jaarvergadering en gholfdag op 16- 18 Maart 2026

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button