Saak weer uitgestel na tiener se dood
Die beskuldigde bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 31 Maart.
Die 43-jarige beskuldigde wat tereg staan vir die moord op die 15-jarige Tshireletso Nnete, ‘n graad 10-leerder van die Yakhisizwe High School, het Maandag vlugtig voor die landdroshof in Parys verskyn.
Die saak is uitgestel tot 31 Maart vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.
Tshireletso is op 5 Maart in Schonkenville ten aanskoue van ander kinders aangerand, en het aan sy beserings beswyk.

Gemeenskapslede het met die beskuldigde se eerste hofverskyning aan Gazette vertel dat Tshireletso die
middag na skool saam met ander kinders in die straat sokker gespeel het toe die beskuldigde verbygestap het.
Hy is later glo deur sy seun, wat saam met die kinders gespeel het, geroep waarop hy bewerings gemaak het dat sy seun deur ander kinders geboelie word.
Die oorledene en nog ‘n seun is toe ten aanskoue van die ander kinders aangerand. Die pa het homself aan die polisie oorgegee.




