Local newsNews

Boer in hof na jarelange ondersoek na beweerde vals versekeringseis

Die boer is op R500 borgtog vrygelaat en moet weer op 14 Mei in die hof wees, het sersant Kareli bevestig. 

‘n Oos-Kaapse boer het vanoggend in die landdroshof op Clocolan verskyn op ‘n klag van bedrog nadat hy na bewering sy graanstroper op ‘n plaas in die Clocolan-distrik aan die brand gesteek het en toe ‘n vals eis by die versekering ingedien het.
Polisiewoordvoerder sers Mahlomola Kareli sê die 56-jarige Johannes Conraard Muller,wat aangekla word daarvan dat hy ‘n versekeringsmaatskappy uit etlike duisende bedrieg het, is gearresteer nadat die polisie se Provinsiale Kommersiële Misdaad Ondersoek Eenheid in die Thabo Mofutsanya Distrik ‘n groot deurbraak gemaak het, nege jaar nadat  in 2016 begin is met ‘n ondersoek na die bedrieglike versekeringseis.
‘n Bedrag van R700 000 is na die eis aan Muller uitbetaal deur die versekeringsmaatskappy, sê sersant Kareli.
Sersant Kareli sê die vals eis is ingedien nadat Muller na bewering glo self sy graanstroper aan die brand gesteek het, en toe vals inligting saam met die eis ingedien het.
Hy is op R500 borgtog vrygelaat en moet weer op 14 Mei in die hof wees, het sersant Kareli bevestig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button