Local newsNews
Waarskuwing: Verskeie paaie en laagwaterbrue onder water
Gebruik asseblief alternatiewe roetes waar moontlik en handhaaf spoedgrense en volgafstande.
Motoriste word ernstig gewaarsku om bedag te wees op water wat oor verskeie paaie stroom na wydverspreide reën en met strome en spruite wat sterk loop. Gebruik asseblief alternatiewe roetes waar moontlik.
* R57 vanaf Petrus Steyn na Heilbron water vloei oor die pad.
- R500 (Fochvillepad) naby Umfula water op die pad verskeie ongelukke alreeds Vrydag hier gerapporteer.
- R59 tussen N1-oorbrug en Parys groot en diep slaggate verminder asseblief spoed en ry stadig en uiters vesigtig.
- S643 Vermaasdrift-brug (Noordwes) onder water
- Vaal Eden-pad water oor die laagwaterbrug.
- R721 Viljoenskroon/Vredefort water oor die pad
- R76 Kroonstad na Villjoenskroon water oor die pad.
- Verwagting is dat water ook binnekort oor die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel sal vloei. Water het om 11:00 reeds hier 2,42m gemeet en vloei teen 1 130 kubieke meter per sekonde.


‘n Vierde sluis is reeds om 10:00 by Vaaldam oopgemaak en uitvloei by Bloemhofdam word stelselmatig verhoog.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



