Local newsNews

Taxi val vas in die water – motoriste gewaarsku oor nat paaie

Gebruik asseblief alternatiewe roetes waar moontllik, Waar water oor paaie stroom, misgis mense hulle maklik met hoe diep en sterk die stroom kan wees.

Die brug en Steylstraat byHeilbron in die rigting Phiritona is onder water. Daar is tans n taxi wat vasgeval het in die water.  Gehoorsaam asseblief die waarskuwings hier.

Die brug en Steylstraat by Heilbron in die rigting van Phiritona waar n taxi nou in die water vasgeval het.

Motoriste is ook weer ernstig gewaarsku om bedag te wees op water wat oor verskeie paaie stroom na wydverspreide reën en strome en spruite wat gevolglik sterk loop. Gebruik asseblief alternatiewe roetes waar moontlik.

  • R57 vanaf Petrus Steyn na Heilbron water wat oor die pad vloei skep steeds ‘n groot gevaar.
  • R500 (Fochvillepad) naby Umfula water op die pad verskeie ongelukke alreeds Vrydag hier gerapporteer.
  • R59 tussen N1-oorbrug en Parys groot en diep slaggate verminder asseblief spoed en ry stadig en uiters vesigtig.
Die R59 tussen die N1-oorbrug en Parys het diep en groot slaggate
  • S643 Vermaasdrift-brug (Noordwes) onder water
  • Vaal Eden-pad water oor die laagwaterbrug.
  •  R721 Viljoenskroon/Vredefort water oor die pad
  • R76 Kroonstad na Villjoenskroon water oor die pad.
  • Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is steeds onder water.
  • Steynsrus/Kroonstad-pad
Fotoss bo en onder: ‘Die Steynsrus/Kroonstad-pad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button