Gelykop stryd vir Parys se Golden Oldies
Parys se Golden Oldies is almal tussen 35 en 65 jaar oud en het tussen hulle baie ervaring op die rugbyveld.
Parys se Golden Oldies het op 5 April teen die span van Bethlehem op die rugbyveld kragte gemeet. Die telling was gelyk met 20 punte elk.
Die span sal weer op 10 Mei in aksie wees by die Golden Eagles toernooi in Fochville.

‘n Spesiale bedankingsaand vir borge vir die span isĀ Vrydag gehou waartydens spandrag aan die Golden Oldies oorhandig is.
Dankie aan die borge Jaco Burger van Nutri Feeds, Karel en Karien van Umfula Resort, Naddy Claassen van Parys Gas, Siebies Sieberhagen van Best View Fencing & Trade Avail, Pieter van Agristeel & Fence, Verwey van Tswelela Safari’s, Sanus Weyers van Old Mutual, Ruan en Hannes van Namgola Logistics en Marlett van Granny’s Pies.




