Local newsNews

Paasnaweek-besoekers stap weer op Parys se geskiedkundige hangbrug

Die brug is vir dekades al een van Parys se grootste toeriste-aantreklikhede. 

Talle besoekers het die naweek weer die rustigheid van die platteland kom geniet met ‘n besoek aan Parys oor die Paasnaweek. As ‘n bonus kon die geskiedkundige 1919-hangbrug net voor die langnaweek weer oopgemaak word vir voetgangers nadat dit in Desember gesluit is toe ontdek is dat een van die brugkabels met verloop van tyd verweeer en gebreek het.

Daar is lank koppe bymekaar gesit, en  het inwoners van die dorp wat die afgelope twee jaar uit eie sak die brug en omgewing om die brug skoon en netjies hou, bygedra om  die brug weer te kon beveilig sodat voetgangers soos tevore veilig oor die brug kan beweeg.

Die brug is vir dekades al een van Parys se grootste toeriste-aantreklikhede.

‘n Besoek aan die brug beloon toeriste nie net met die geleentheid om ‘n spesiale foto by die fotoraam te neem met die bekende brug in die agtergrond nie, maar is daar ook die Mur de Souvenirs waar jy jou slot kan hang.

Stap jy hier langs die rivieroewer, val dit jou op hoe netjies die gras gesny is op die oewer,vanaf die brug tot by die Esplenade. Selfs die toegegroeide middelman, is sedert Februarie mooi gemaak met die hulp van hierdie inwoners wat uit eie sak omsien dat hier netjies gehou word ter wille van die dorp met die hulp van Phillip van KellRoy Tuindienste.

‘n Pluimpie in die hoed vir hierdie omgee om ‘n verskil te maak.

Kyk net hoe spoggerig lyk selfs die middelman nadat dit nog in Februarie heelteemal toegegroei was.
Danksy inwoners wat uit eie sak betaal word die oewergras gereeld gesny en netjies gehou met die hulp van KellRoy Tuindienste.

Dankie vir inwoners se omgee om hier netjies en skoon te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button