Local newsNews

Groot sukses vir plaaslike ringtennisklub by SA-kragmeting

Baie geluk aan die klub en die spelers.

Sestien spelers van Parys-ringtennisklub was die naweek ingesluit in die Presidentspan, o.16 SA-span, 0.16 Uitnodigingspan, Veterane Uitnodigingspan en SA Veterane span wat saam met die room van die land se ringtennisspelers aan die SA-toernooi in Vanderbijlpark deelgeneem het. Die toernooi is van Vrydag tot Maandag beslis. Met dié toernooi is die ringtennisseisoen nou afgesluit en sal spel weer in Augustus hervat word.

Geluk aan die volgende spelers wat in die spanne ingesluit was.
0.13 Presidentspan – Declan, Mikhail en Kara Bampa, Benjamin en Aviél Viljoen en Aneri du Toit
0.16 SA-span – Melissa Meyer, Lené van der Merwe, Dewald Meyer en Caldon Bampa
o.16 Uitnodigingspan – Melisa Lubbe en Etheon Bampa
SA Veterane-span – Esther Goosen
Veterane Uitnodigingspan – Charlotte Meyer, Steven Bampa en Johan Britz (afwesig op die foto).

Die Parysenaars wat ingesliut was in die spanne vir die SA Ringtennis-toernooi wat die naweek beslis is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button