Local newsNews

Vaaldam maak nog oop

Baie water kom

‘n Sewende heksluis sal om 09:00 vanoggend by Vaaldam oopgemaak word met nog heksluise wat ook later deur die dag oopgemaak gaan word.

So lyk die plan:

10:00 – ‘n 8ste heksluis sal oopgemaak word.

12:00 – ‘n 9de heksluis sal oopgemaak word.

13:00 – ‘n 10de heksluis sal oopgemaak word.

Vaaldam is nou 118,48% vol met invloei vanoggend gemeet teen 2 448,24 kubieke meter per sekonde.

Weens die verhoogde uitvloei by Vaaldam en  nog water wat van strome invloei sal water nou vry vloei by Barrage is gister om 16:47 gesê. Vryvloei beteken dat al Barrage se sluise oopgemaak word sodat wat invloei kan uitvloei.

Die situasie by Bloemhofdam sal vandag as volg hanteer word:

09:00 – verhoog uitvloei na 2 200 kubieke meter per sekonde

11:00 – verhoog uitvloei na 2 400 kubieke meter per sekonde

13:00 – verhoog uitvloei na 2 600 kubieke meter per sekonde

15:00 – verhoog uitvloei na 2 800 kubieke meter per sekonde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button