Local newsNews

Waterchaos groot op talle paaie

Motoriste is weer gewaarsku om spoed te verminder en te hou by volgafstande. Slaan ag op waarskuwings waar van alternatiewe roetes gebruik gemaak moet word en maak vooraf seker dat die roetes wat jy moet ry oop en veilig is. 

Verskeie roetes het tans water oor die pad en is motoriste ernstig gewaarsku om spoed te verminder, volgafstande te hou en waar nodig alternatiewe roetes te volg. Hou ook in gedagte dat slaggate baie moeilik sigbaar is in reënweer soos wat tans gesien word.

Probleme op die volgende roetes is gerapporteer:

Veral in die omgewing van Viljoenskroon, Bothaville en Koppies is ernstige probleme met water oor paaie, en is daar vanoggend ook water oor die Parys/Potchefstroom-pad by Kleinplaas.. Slaggate veroorsaak ook geweldige groot probleme op verskeie paaie.
  • R30 by die Viljoenskroon-afdraai onder water.
  • R30 tussen Bothaville en Orkney onder water
  • R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon – pad heeltemal onder water by Viljoenskroon Industria ( by die voerkrale. Pad na lisensiekantore in Viljoenskroon ook heeltemal verspoel). Pad gaan gesluit word water was vanoggend al hier meer as ‘n meter diep.
  • R59 net na die silo’s by Viljoenskroon – baie water oor die pad – onbegaanbaar vir voertuie
  • Kliprivier tussen Heilbron en Frankfort – geweldige groot invloei hier na die Vaaldam.
  • R59 tussen die N1-oorbrug en Parys – groot en diep slaggate. Uiters gevaarlik ry stadig.
  • R59 tussen Parys en Vredefort – groot en gevaarlike slaggate. Verminder spoed.
  • Parys/Potchefstroom-pad net voor Potchefstroom by Kleinplaas – baie water oor die pad.
  • Houtkop/Kliprivier-kruising – baie water en diep slaggate.
  • Kromelmboogspruit waar die R59 oor hom gaan – water loop baie sterk.
  • R721 Vredefort/Kroonstad-pad onder water
  • N12 tussen Stilfontein en Potchefstroom – water oor die pad.
  • R723 tussen Schonkenville en die N1 – water op die pad
  • N1 baie nat – VERMINDER SPOED EN HOU BY VOLGAFSTANDE
  • R500 (Parys/Fochvillepad) water oor die pad
  • Schoemansdrift-laagwaterbrug in die Vredefort Koepel onder water – gesluit vir verkeer.
  • R57 tussen Heilbron en Sasolburg
  • Pad tussen Heilbron en Phiritona onder water
  • Wees versigtig vir water op die pad tussen Heilbron en Petrus Steyn.
  • R76 baie water oor die pad – volg alternatiewe roetes.
  • Vaal Eden-pad by die draai by Almur Smit verspoel.
  • R720 tussen Koppies en Edenville verspoel. Voertuie sit vas.
  • Viljoenskroon/Vierfontein-pad – voertuig vanoggend uit die water moes haal.
  • Laagwaterbrug na Gholfeiland in Parys – gesluit vir verkeer.
Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel waar die watervloei van die Vaalrivier vanoggend om 09:00 alreeds 2 455 kubieke meter per sekonde gemeet het. Die watervlak van die Vaalrivier het toe alreeds gestyg tot op 4,1m.
Kromelmboogspruit het vanoggend hier al mooi gesak en is die hoop dat hy nog sal sak voordat die water van addisionele sluise wat vandag by Vaaldam oopgemaak word, afkom. Die foto is deur André Reynecke geneem by die S171 laagwaterbrug.
Die foto hierbo is by dieselfde punt by die laagwaterbrug op die S171 geneem as die foto hierbo  en kan gesien word hoe die Kromelmboogspruit reeds van gister gesak het teen 05:30. Foto: Andre Reynecke.
R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon by Viljoenskroon Industria onder water.
 R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon by Viljoenskroon Industria onder water.

Die laagwaterbrug naby Jumanji op die Schoemansdrift-pad in die Vredefort Koepel Woensdagaand onder water nadat waterwat  van ‘n spruit oor die pad geloop het.
Pad tussen Viljoenskroon en Bothaville van Viljoenskroon se kant af.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button