Voertuigparte en reflekteer baadjie van konstabel gekry
Die drie vermiste polisiekonstabels se liggame is gister in die Hennopsrivier gekry.
Soek-en reddingspanne wat betrokke is by die ondersoek na die vermiste Vrystaatse polisiekonstabels wie se liggame vroeër die week in die Hennopsrivier gekry is, het vandag voertuigparte insluitend ‘n voor en agter buffer, asook die reflekteer baadjie van een van die polisiekonstabels gekry.
Kundiges moet nou bepaal of die parte wat gekry is dié is van die VW Polo waarmee die polisiekonstabels gery het ten tyde van hul verdwyning, het brigadier Athlenda Mathe gesê.
Polisieduikers, duikers van Tshwane en EMS, die SAPD Spesiale Taakspan duikers en Soek en Redding SA het ook n metaal voorwerp 4km van die N1 in die rivier opgespoor wat moontlik die vermiste VW Polo kan wees. Omdat dit heeltemal toe is onder opdrifsels kon daar nog nie bevestig word of die voorwerp wel die vermiste voertuig is.
Die ondersoek duur voort.
Die polisie het gister bevestig dat die liggame van die drie Vrystaatse polisiekonstabels wat sedert Woensdag vermis is, is in die Hennopsrivier langs die N1 naby Centurion gekry is tesame met nog twee liggame van wie ook ‘n werknemer by die Lyttleton-polisiestasie.
Generaal Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris het gesê dat dit ‘n baie moeilike ses dae vir lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die betrokke families was terwyl onverpoosd gesoek is na die vermiste knst. Keamogetswe Buys, knst. Boipelo Senoge en knst. Cebekhulu Linda.
Die hoë vlak ondersoekspan se soektog is uitgebrei na die Gauteng, Vrystaat en Limpopo provinsies om alle moontlike leidrade op te volg tussen die Grasmere tolhek op die N1 waar die polisiekonstabels die laaste keer gesien is, en verby die Buccleugh-wisselaar tot by John Voster-rylaan.
Maandag het die soektog die ondersoekspan gelei na die Hennopsrivier en is die hulp van hommeltuig vlieëniers, die kubermisdaad eenheid, die Valke, die SAPD en Gauteng Verkeer Lugvleuel, Crime and Counter Intelligence, en die Bidvest Protea Coin Lugvleuel ingespan.
Motordele van wat geglo is deel kon wees van die VW Polo waarmee die konstabels gery het ten tyde van hul verdwyning, is toe ook langs die N1 gekry, en het dit die span na die rivieroewer gelei waar n Renault Kangoo paneelwa gevind is.
Die polisie en Tshwane duikers is onmiddellik by die soektog betrek en is twee liggame Maandag in die rivier gekry. Die een was die bestuurder van die Renault Kangoo paneelwa wat verbonde was aan die Lyttleton polisiestasie. Die tweede liggaam is geïdentifisser as dié van knst. Senoge. Omdat dit egter toe al donker was, moes die soektog eers laat vaar word.
Dinsdag is die derde liggaam – dié van knst. Linda, gekry. ‘n Vierde erg ontbinde liggaam is ook uit die rivier gehaal wat nog nie geïdentifiseeer kon word nie. Laat Dinsdagmiddag is die vyfde liggaam – dié van knst. Buys gekry.

“Ons kan nie op hierdie stadium spekuleer oor die presiese omstandighede wat daartoe gelei het dat die liggame in die rivier gekry is nie – of dit ‘n ongeluk was aldan nie – ons ondersoek sal dit bepaal sodra die motor gevind is,” het Masemola gister gesê.



