Local newsNews

Water minder, maar daar’s skade

Vaaldam was teen vanmiddag  112,98% vol.

Die reëlings van die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is die afgelope week so te sê afgeruk deur vloedwater van die Vaalrivier, en is die pad weerskante van die brug weggespoel.

Daar is reeds vanoggend begin om die pad op te vul en is die Schoemansdrift-brug na meer as ‘n week weer oopgestel vir verkeer nadat die Vaalrivier se watervlak aansienlik gesak het. Vanoggend om 07:00 het die watervlak hier 2,1m gemeet en watervloei is gemeet teen 896 kubieke meter per sekonde.

Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is weer oop vir verkeer, maar daar moes hard gewerk word vandag om skade te herstel.  Foto’s: Sue Jansen van Rensburg.

Nog twee sluise is vandag by Vaaldam toegemaak wat beteken dat daar nou vier heksluise nog oop is.

Vaaldam was teen vanmiddag  112,98% vol met invloei wat gemeet is teen 468,38 kubieke meter per sekonde, en uitvloei gemeet teen 657 kubieke meter per sekonde.

UItvloei by Bloemhofdam is ook vanmiddag om 12:00 verminder na 2 100 kubieke meter per sekonde.

So het dit vanoggend by die Schoemansdrift-brug gelyk nadat die water van die Valarivier hier heelwat gesak het.
Nadat daar vandag hard gewerk is om skade te herstel en skoon te maak,, is die brug nou weer oop vir verkeer. Foto’s: Sue Jansen van Rensburg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button