Local newsNews

Wie doen so iets?

Help asseblief om hierdie graffiti-vandale vas te trek.

Graffiti is weer verlede week op die geskiedkundige 1919 hangbrug oor die Vaalrivier in Parys geskryf wat die afgelope twee jaar al deur vrywilligers uit eie sak netjies gehou word.

Die syfers 302 verskyn op die graffiti en word die publiek se hulp nou gevra om hierdie vandale vas te trek. As jy enige leidrade het wie die skuldiges is, of mense sou sien wat besig is met dié vandalisme, rapporteer dit by die polisiestasie sodat die skuldiges vervolg kan word.

Die brug is ‘n belangrike toerisme-bate vir die dorp en moet die vernielsug stop gesit word. Telkens is dit inwoners wat uit eie sak moet toe verf wat ander verniel.

Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier wat oor jare een van die dorp se bekendste toerisme-aantreklikhede is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button