Local newsNews

Dié brug is weer toegemaak maar vanoggend oop!

Status quo by Vaaldam word vandag gehandhaaf maar uitvloei by Bloemhofdam word verder verminder.

Ure nadat die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel gistermiddag oopgemaak is vir verkeer, het die Vaalrivier se watervlak so gestyg dat die brug weer gesluit moes word vir verkeer. Die brug kon egter wel weer vanoggend om 08:00 oopgemaak word.

Vanoggend het die water by die brug  2,23m gemeet en watervloei 989 kubieke meter per sekonde.

So lyk die Schoemansdrift-brug vanoggend.

So het dit gister gelyk

Gisteroggend is die watervlak by die brug op 2,1m teen  07:00 gemeet en vloei  teen 896 kubieke meter per sekonde. Gevolglik kon die brug toe oopgemaak word vir verkeer nadat opgeruim is.

Die brug was sedert 24 April gesluit en is skade as gevolg van die vloedwater aan die brugreëlings  aangerig en die pad weerskante van die brug weggespoel.

So het dit gisteroggend by die Schoemansdrift-brug gelyk nadat die water van die Valarivier gesak het.
Grondeienaars en hul werkers het toe hard gewerk om die skade aan die brugreëlings en pad te herstel sodat die brug weer vir veerkeer oopgemaak kon word. Die brug is sedertdien weeer gesluit vir verkeer.. Foto’s: Sue Jansen van Rensburg.

Grondeienaars aan Vrystaat-kant in die Vredefort Koepel, en hul werkers het opgeruim by die brug en die pad opgevul, en teen 12:25 was die brug oop, maar teen 16:30 gistermiddag het die water reeds weer  begin styg tot 2,5m en was vloei gemeet op 1 190 kubieke meter per sekonde.

Teen 17:50 gistermiddag het die Vaalrivier se watervlak by die brug tot 2,65m gestyg en die watervloei is teen 1 306 kubieke meter per sekonde gemeet.

Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel soos dit gistermiddag om 17:50 gelyk het nadat die Vaalrivier se water weer begin styg het.

Vaaldam

Vaaldam is nou 112,18% vol met invloei gemeet teen 401,19 kubieke meter per sekonde en uitvloei gemeet teen 511,80 kubieke meter per sekonde. Status quo by Vaaldam sal vandag gehandhaaf word met vier heksluise oop.

Uitvloei by Bloemhofdam sal egter stelselmatig nog verder verminder word as volg:

10:00 – 1 950 kubieke meter per sekonde

12:00 – 1 800 kubieke meter per sekonde

14:00 – 1 650 kubieke meter per sekonde

16:00 – 1 500 kubieke meter per sekonde

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button