Local newsNews

Skokkende agterstand in operasies in die Vrystaat

Kritieke vrae oor provinsie se gesondheidsdienste gevra.

Sommige pasiënte moet vir lang tydperke in openbare hospitale bly sonder om mediese aandag te ontvang. Soms word pasiënte vir ‘n eenvoudige katarakchirurgie vir ‘n tydperk van meer as twaalf (12) maande bespreek, net om aangesê te word om huis toe te gaan en na nog twaalf (12) maande terug te keer as gevolg van ‘n tekort aan mediese personeel.

In die lig van die groeiende chirurgiese agterstande by gesondheidsorgfasiliteite in die Vrystaat, het die DA  kritieke vrae aan die LUR vir Gesondheid gehad. Die party wou weet vir watter chirurgiese prosedures daar ‘n agterstand by elke fasiliteit is,  wat die spesifieke agterstand per chirurgiese prosedure by elke fasiliteit is en  hoe lank pasiënte wag vir operasies by elke fasiliteit.

Die party sê  die reaksie wat deur die LUR verskaf is, is van groot kommer omdat dit wys hoe ver gesondheidsorgdienste agteruitgegaan het.

Die DA sê verder dat die veelgepubliseerde ANC Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) steeds ver van ‘n werklikheid is en blyk niks meer as ‘n onbereikbare droom te wees nie. As ‘n alternatief vir die NGV-skema, moet privaat gesondheidsorgkoste verlaag word terwyl ‘n minimum pakket van gesondheidsorgdienste gewaarborg word, is gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button