Local newsNews

Twee ernstig beseer na botsing op R59

Wees bedag op die stop/ry-punt wat ingestel is terwyl nooddienste nog op die toneel besig is. .

Motoriste word ernstig gewaarsku om baie stadig en versigtig te bestuur op die R59  sowat 1km vanaf die Parys-vliegveld in die rigting van Sasolburg, waar nooddienste steeds op die toneel besig is met opruimingswerk na ‘n botsing waarin drie voertuie vroeër vanaand betrokke was.

Beide bane was vir verkeer gesluit nadat ‘n Hyundai motor, ‘n vragmotor met sonneblom, en ‘n transitovoertuig van Fidelity in die botsing betrokke was.

Twee mense is ernstig beseer in die botsing.

Die vragmotorbestuurder en ‘n insittende van die Hyundai voertuig is per ambulans na die Parys Distrik-hospitaal vervoer met  onderskeidelik ligte beserings en ‘n arm fraktuur.

Beide insittendes van die transitovoertuig is ernstig beseer en per noodhelikopter van die toneel na die Netcare Alberton-hospitaal vervoer.

Nog ‘n pasiënt is met  ligte beserings per ambulans na die Vaalpark-hospitaal vervoer.

Noodienste is steeds besig met opruiming- en herwinning by die botsingstoneel op die R59 naby die Parys-vliegveld.

Nooddienste is tans nog besig met herwinning van die vragmotor se vrag in die veld langs die pad.

Verkeer kan tans verby die toneel beweeg met ‘n stop/ry-punt wat ingestel is.

Opruimingswerk op die toneel sal na verwagting egter nog ‘n paar uur duur.

  • Let asseblief ook daarop dat daar baie groot en gevaarlike slaggate op die R59 tussen Parys en Vaalpark is, en dat dit belangrik is dat jy spoed moet verminder en volgafstande moet handhaaf veral wanneer sig bemoeilik word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button