Local newsNews

Dit is weer tyd om jou gunsteling sakeonderneming in Parys te nomineer

Die publiek kan verdienstelike besighede op die aanlyn nominasievorm in die onderskeie kategorieë nomineer van 19 Mei tot 2 Junie

Daar is mos niks wat kom by uitstaande kliëntediens nie. Daardie besighede wat kop en skouers uitstaan wanneer dit kom by die ekstra myl wat geloop word vir diens en kliënte tevredenheid.

Of dit nou ‘n gastehuis, prokureursfirma, apteek, oogkundige, hardeware winkel, restaurant of haarsalon is. Noem maar op  –  daar is talle besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering nie net die dorp se ekonomiese wiele aan die gang hou nie, maar keer op keer beïndruk en uitstaan as die beste.

Daarom nooi MooiVaal Medie lesers om weeer vanjaar erkenning te gee aan ons plaaslike sakeondernemings deur jou stem te laat hoor met nominasies van plaaslike besighede wat na jou mening uitstaan as die beste vir vanjaar se Best of Parys – Readers Choice-toekennings.

Hierdie projek word vir die tweede jaar agtereenvolgens aangebied.

Wees deel van die positiewe dryfkrag deur verdienstelike besighede in die onderskeie kategorieë te nomineer van 19 Mei tot 2 Junie op die aanlyn nominasievorm. Skandeer die QR-kode hieronder wat jou direk na die nominasievorm neem.

Let daarop dat die kompetisie in digitale formaat is, en dat slegs digitale nominasies aanvaar sal word sodra die nominasieproses eers begin.

Jy sal besighede in verskeie kategorieë kan nomineer.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

Die wenners sal dan by ‘n spog geleentheid aangewys word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button