Gholfdag ten bate van oud-afrigter se kankerstryd
Die opbrengs van die dag gaan vir Hennie se behandeling.
‘n Back-a-Buddy Gholfdag ten bate van Hennie Stander, oudafrigter van die Parys-rugbyklub, word Saterdag 7 Junie by die Parys Golf & Country Estate baan gehou.
Hennie is met fase 4 Leukemia gediagnoseer is. en sal alle fondse wat met die dag ingesamel word, gaan vir Hennie se behandeling.
Hennie was vroeër jare ondervoorsitter van Parys-rugbyklub, en later ook voorsitter van 2007-2010.
Hierbenewens het hy as voorsitteer van die Griffon Sandveld-liga gedien van 2008-2010. Onder sy en Barend Wolmarans se afrigtershand wen Parys-rugbyklub in 2007/8 die Sandveld-liga.
Spelformaat vir die gholfdag vir Hennie is ‘n IPS met die Shotgun afslaan om 11:00.
Die koste is R2 000 per 4 bal (baanfooi en gholfkarretjie ingesluit. Borge en donateurs is ook welkom om by te dra deur ‘n gaatjie vir die dag te borg teen R1 000.
Meer inligting oor die gholfdag kan gekry word by die Pro Shop by (056) 818 1567, of stuur e-pos na proshop@parysestate.co.za. Jy kan ook inligting kry op die webtuiste www.paraysgolfandcountryestate.co.za




