Local newsNews

Brrr….ysige koue kom

Maksimum temperature sal later in die week geleidelik effens styg maar steeds in die lae 20's bly.

Vrystaters kan hulle maar reg maak vir ‘n yskoue Woensdag met die eerste kouefront vir die winter wat môre ‘n draai maak in die noorde van die land.

Parys sal môre ‘n maksimum van 13 grade Celsius hê terwyl maksimum temperature van onder 15 grade Celsius ook elders in die Vrystaat, Gauteng, Noordwes en selfs in dele Mpumalanga gevoel sal word.

Die eerste ysige winterkoue is hier.

Swaar reën word ook vir die Wes-Kaap voorspel en verspreide sneeu in die Oos-Kaap, Lesotho en die Drakensberge.

Na Woensdag sal temperature geleidelik styg maar steeds in die lae 20’s bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button