Bruide van Parys en omliggende dorpe van die Vaaldriehoek kan nou inskryf vir Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie. Heelwat inskrywings is reeds ontvang.
Bruide van Vanderbijlpark, Vereeniging, Meyerton, Sasolburg, Parys, en Vredefort kan deelneem aan vanjaar se kompetisie as jy in 2025 voor die kansel sal staan.
Om deel te neem is gratis en net soos vorige jaar is daar pryse op die spel.
Stuur jou mooiste troufoto (alleen, of as jy verkies saam met manlief) met jul name en van, van watter
dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za
Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



