Gholfdag ten bate van oudafrigter se kankerstryd
Meer inligting oor die gholfdag kan gekry word by die Pro Shop by (056) 818 1567, of stuur 'n e-pos na proshop@parysestate.co.za. Jy kan ook inligting kry op die webtuiste www.parysgolfandcountryestate.co.za.
‘n Back-a-Buddy Gholfdag ten bate van Hennie Stander, oudafrigter van die Parys-rugbyklub, word op 7 Junie by die baan van Parys Golf & Country Estate gehou.
Hennie is met fase 4 Leukemia gediagnoseer. Alle fondse wat met die dag ingesamel word gaan vir Hennie se behandeling.
Hennie was vroeƫr jare ondervoorsitter van Parys-rugbyklub, en later ook voorsitter vir die tydperk 2007-2010. Hierbenewens het hy as voorsitteer van die Griffon Sandveld-liga gedien van 2008-2010.
Onder sy afrigtershand saam met Barend Wolmarans, wen Parys-rugbyklub in 2007/8 die Sandveld-liga.
Spelformaat vir die gholfdag vir Hennie is ‘n IPS met die Shotgun afslaan om 11:00. Die koste is R2 000 per 4 bal (baanfooi en gholfkarretjie ingesluit). Borge en donateurs is ook welkom om by te dra deur ‘n gaatjie vir die dag te borg teen R1 000.
Meer inligting oor die gholfdag kan gekry word by die Pro Shop by (056) 818 1567, of stuur ‘n e-pos na proshop@parysestate.co.za. Jy kan ook inligting kry op die webtuiste www.parysgolfandcountryestate.co.za.




