Pure boskombuis-bederf sorg vir groot lekkerte
Hier is vandag geëet en gekuier uit die boonste rakke met van afval tot snoek in die kerktuin
Vroegoggend het die vure gesellig gebrand en is die kole gepak onder die groot potte in die Boskombuis. Weke se harde werk en voorbereiding met man en muis wat help voorberei het vir Vredefort se NG Kerk se fees van kuier en kos.
Van oral het mense gekom om die Boskombuis-lekkerte te kom geniet. Op die spyskaart – van afval en snoek tot beesstert, pannekoek, roosterkoek, aarbeie met room en die lekkerste ontbyt.
Die vleistafels het gekreun. Die gebak het reggestaan.

En tussendeur die lekker eet, is daar gekuier en nogmaals gekuier, want as dié gemeente jou plaas toe vat met hul lekkernye, sit jy nog ‘n rukkie.
Dis n gemeenskap waar die harte oop is, en elkeen sy plek volstaan.
Hier in dié kerktuin sien jy saamwerk en saamwees soos net Vredefort kan.






Vanjaar was die aarbeie en room ongetwyfeld ‘n wenner.

Vele hande, ligte werk. Vir die afgelope twee weke het al wat gemeentelid is gehelp om die kos-en-kuiermark ‘n reuse sukses te kon maak.

Die tafels het gekreun van die lekkerste gebak met fynproewer resepte.

Vanoggend is daar nie ontbyt tuis geëet nie, want hier in die kerktuin het jy kom weglê aan elke denkbare lekkerny onder die son van beesstert tot vetkoek.

Die wintersonnetjie wat ‘n groot bederf.

Daar is ook seker gemaak die kinders bly besig.

Richann Brussow en Chris Else het gesorg vir pragtige musiek wat jou genooi het om jou sit te kry in die kerktuin en te luister en te geniet.



