In minder as 24 uur was ‘n ma en seun albei in afsonderlike motorongelukke in Krugersdorp en op die Parys/Potchefstroom-pad onderskeidelik betrokke, maar vir Timothy Bezuidenhout, en sy ma, Lee-Ann, was genade onbeskryflik groot, en die liefde en ondersteuning van mense onmeetbaar.
So vertel Lee-Ann, ‘n oudonderwyseres van Primêre Skool Parys oor die trauma wat haar gesin die afgelope week beleef het.
Die 24-jarige Timothy was Vrydagmiddag op pad na sy meisie in Potchefstroom, toe hy in ‘n kop-aan-kop botsing op die Parys/Potchefstroom-pad betrokke was. Hy is gehospitaliseer met ‘n voet- en heupfrakture.
Net die dag tevore het ‘n taxi wat oor ‘n rooi lig gery het, in Krugersdorp in Lee-Ann se motor vasgery het. Wonder bo wonder is sy nie beseer nie.

Vir die gesin was dit ‘n geweldige traumatiese ervaring, maar is hulle innig dankbaar dat beide oorleef het.
Die gesin sê dankie aan almal wat hulle op soveel maniere die afgelope dae ondersteun het. Dit word opreg waardeer.





