Local newsNews

Sussies se kompetisie-trots die somtotaal van harde werk

Albei sussies was onder die provinsiale uitblinkers in die kompetisie in hul onderskeie kategorieë, en het Karissa ook nasionaal geskitter onder die bestes.

Hoërskool Parys se Karisa Nortman het vanjaar ‘n skitterende derde plek  nasionaal vir graad 10 leerders  behaal in die Netwerk24 Wiskunde-kompetisie. Die kompetisie is die grootste Afrikaanse aanlyn wiskunde kompetisie waaraan hoër- en laerskoolleerlinge kan deelneem.
Karisa het reeds vroeër op provinsiale vlak in die kompetisie geskitter met ‘n tweede plek.
In haar graad 6 jaar was sy  die Vrystaat-wenner van die kompetisie, en blink sedertdien elke jaar uit onder die provinsie se bestes. Dit is egter die eerste jaar dat sy nasionaal onder die top drie deelnemers is.
Karisa se kleinsus, Inke, staan nie terug nie. Sy is vanjaar se graad 7 Vrystaat-wenner van die kompetisie. ‘n Prestasie wat sy ook verlede jaar behaal het.
Vir Karisa en Inke is die somtotaal van hul prestasie harde werk en om seker te maak dat wiskunde huiswerk altyd op datum is.
Karisa en Inke Nortman
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button