Local newsNews
Opdatering: N3 gesluit na noodlottige taxi-ongeluk
Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak met nooddienste wat steeds op die botsingstoneel op die N3 tussen Van Rheenen-pas en Montrose is.
Die N3-hoofweg tussen Van Rheenen-pas en Montrose is tans gesluit vir alle verkeer ná ‘n noodlottige minibus taxi-ongeluk vroeër vanoggend.
Agt mense is deur nooddienste op die toneel dood verklaar terwyl ses pasiënte van die toneel na die Thebe-hospitaal vervoer is.
Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Alternatiewe roetes
- Vanaf Harrismith neem die R712 na Qwaqwa/Phuthaditjhaba/Bergville.
- Na omtrent 10km R712, neem die R74 afdraai na Bergville/Oliviershoekpas.
- Vanaf Escort, neem die R616 na Bergville. By Bergville – neem die R74 na Phuthaditjhaba/Qwaqwa.
- Van die R74 neem die R712 na Harrismith.
Wees waaksaam
Wees waaksaam wanneer jy die ongelukstoneel nader en wees bedag op verkeerspersoneel en nooddienswerkers wat steeds op die toneel is.
Volg asseblief ook verkeersinstruksies, het Sipho Towa, voorsitter van Road Incident Management Systems gewaarsku.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



