Local newsNews

Om ’n lewe te red – ’n verdienstelike Nuwejaarsvoorneme

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels die opgee van iets. Hierdie jaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nie dat jy iets opgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed.

Bloedskenk red lewens. Dit is ’n maklike voorneme om te maak en by te hou.

Die behoefte aan bloed raak ons elkeen. Agt uit tien mense sal bloed of bloedprodukte op ’n stadium in hul lewe benodig.

Met een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red.

’n Eenheid bloed word in 3 komponente geskei: Rooibloedselle (om die bloedvolume te vervang van ʼn persoon wat baie bloed verloor het byvoorbeeld tydens ’n  motorongeluk of kindergeboorte), plasma (vir mense wat aan ʼn bloedsiekte byvoorbeeld hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het), en plaatjies word gegee aan kankerpasiënte, wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.

Daar moet elke dag 3000 eenhede bloed ingesamel word om aan hospitale in Suid-Afrika te verskaf.

Die behoefte aan bloed is deurlopend – daar vind elke 35 sekondes ʼn bloedoortapping in Suid-Afrika plaas.

“Daar is baie mense wat nog nooit bloed geskenk het nie, of lank terug geskenk het, en ons vra dat hulle gereelde bloedskenking deel van hul lewens maak.”

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

  • Tussen die ouderdom van 16-65 wees,
  • meer as 50kg weeg,
  • iets voor jou skenking eet,
  • ʼn veilige seksuele leefstyl lei en gesond wees op die dag van skenking.
  • SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.
    Help om ʼn bloedtekort te voorkom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button