Local newsNews

Moenie die SA Boerperd-kampioenskappe misloop nie

Die kampioenskappe duur tot Saterdag.

Die groot kampioenskapklasse van vanjaar se Toyota SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe sal Saterdag sorg vir ‘n arena-skouspel tussen 14:00 en 17:30 by die AfriDome in Parys.


Nagenoeg 190 boerperde van oor die land neem sedert Maandag deel aan die kampioenskappe met ses beoordelaars wat vir die duur van die skouprogram die onderskeie klasse beoordeel. Dit sluit ook ‘n beoordelaar van Engeland in.


Naas die groot kampioenskapklasse moet jy ook nie die Ster Vul-beoordeling Vrydag 17 Julie om 18:00 misloop nie.


Besoekers is baie welkom en kan gratis na die skouprogram kom kyk.


Boerperde is ‘n veelsydige Suid-Afrikaanse perderas wat bekend is vir hul uithouvermoë en goeie geaardheid. Dié perde blink uit in verskeie ruitersportdissiplines. Moet daarom nie die kampioenskappe misloop nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button