Local newsNews

Waarskuwing R59: Water hier oor die pad

Motoriste is gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Motoriste word gewaarsku dat die R59 buite Viljoenskroon by die silo’s onder water is. ‘n Insleepvoertuig vir swaar voertuie het rondom 08:00 vanoggend in die water vasgeval wat van ‘n pan langs die pad oorstoot op die teervlak. Insleepdienste was nog laatmiddag op die toneel besig om die sleepvoertuig en vragmotor uit die water te probeer kry.

Niemand is in die voorval beseer nie.

'n Swaarvoertuig sleepvoertuig het vanoggend in die water beland en is daar teen laatmiddag nog gesukkel om die vragmotor uit die water te kry. Foto: Verskaf
‘n Swaarvoertuig sleepvoertuig het vanoggend in die water beland en is daar teen laatmiddag nog gesukkel om die vragmotor uit die water te kry. Foto: Verskaf

In April en Mei het twee bakkies in afsonderlike voorvalle ook in die water beland.

Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button