Tennisklub herinner aan gratis afrigtingsklinieke en sosiale spel
Tennisspelers wat nie lid is van die klub nie kan ook teen 'n minimale fooi van die baanfasiliteite gebruik maak.
Tennisspelers word herinner aan sosiale spel by die Parys-tennisklubbane op die Parys Golf & Country Estate op Saterdagmiddae om 14:00, asook Dinsdagmiddae. Beginners sowel as ervare spelers is welkom om aan die sosiale spel deel te neem.
Daar is ook gratis tennisafrigtingsklinieke by die klub op Saterdagoggende tussen 09:00 en 10:00. Die afrigting is vir spelers van so jonk as drie jaar, maar ook volwassenes wat graag die spel wil leer ken. Rakette word voorsien vir die afrigtingsklinieke. Bring net jou eie tekkies, ‘n hoed en waterbottel.

Klublidmaatskap is oop vir enigeen wat die spel geniet. As jy by die klub wil aansluit, stuur jou besonderhede na parystennisklub@gmail.com
Klubfooie vir pensionarisse is R750 per jaar, vir werkende klublede R1 200 per jaar, en vir studente en skoliere R300 per jaar. ‘n Spesiale familie pakket (2 volwassenes en 1-4 skoolgaande kinders) is ook beskikbaar teen R2 000 per jaar.
Die koste om met spreiligte te speel, is R10 per uur, maar moet vooraf gereël word.
As jy nie by die klub wil aansluit nie, of as besoeker van die baanfasiliteite gebruik wil maak, kan jy by die Golf Pro Shop die nodige reëlings tref. Die koste is R50 per persoon per keer.
Hou die Gazette dop vir toernooi- en wedstryddatums vir 2026.



