Local newsNews
Wind ruk kragpaal om, buig liggieboog
'n Stormwind en swaar reën het die naweek skade in beide Parys en Vredefort veroorsaak.
Swaar reën en wind het Sondag ‘n kragpaal naby die ingang van Najaarsrus omgewaai en die tehuis se liggieboog gefrommel wat spesiaal vir die liggiefees in Desember gemaak is.
Windskade aan ‘n boom by die tehuis se ingang was ook Maandagoggend sigbaar.


Hierbenewens het die ongure weer volgens die Ngwathe Munisipaliteit ook probleme op die kragnetwerk in Vredefort veroorsaak, maar het die munisipaliteit Dinsdag in ‘n verklaring gesê dat kragvoorsiening vir die dorp herstel is.
Die kragonderbrekings het ook watervoorsiening in die dorp geraak.
Parys het Sondag 34mm reën gemeet, terwyl 19mm reën in die Vredefort-distrik gemeet is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



