Local newsNews

Geen kortpad, net harde werk was Reinhard se wenresep

Baie geluk aan elke matrikulant van die 2025-matriekklas.

Baie harde werk en toewyding het die kroon gespan vir Hoërskool Parys se toppresteerder van die 2025 matriekklas, wat spog met agt vakonderskeidings sowel as ‘n onderskeiding vir IEB Gevorderde Wiskunde.

Die skrander jongman wie se droom dit sedert graad 10 is om Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria te gaan studeer, glo dat daar geen kortpad vir akademiese sukses is nie. Jy moet eenvoudig gaan sit en leer.

Reinhard het naas die IEB Gevorderde Wiskunde, sy onderskeidings behaal in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, rekeningkunde waarvoor hy ‘n verstommende 100% behaal het, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe waarvoor hy 96% gekry het, rekenaartoepassingstegnologie,  en lewensoriëntering.

Reinhard vertel dat hy sedert hy in graad 10 was begin het om by die Parys Dierehospitaal te help. Van die eerste dag wat hy daar was, het hy besef dat veeartseny sy passie is. Juis daarom was dit vir hom belangrik om goed te doen in sy matriekeindeksamen met die oog op keuring vir sy studies.

Vir Hoërskool Parys se Reinhard van der Hoven is veeartsenykunde sy passie. Die foto is by Parys Dierehosptiaal geneem waar jy hom gereeld sal sien.
Vir Hoërskool Parys se Reinhard van der Hoven is veeartsenykunde sy passie. Die foto is by Parys Dierehosptiaal geneem waar jy hom gereeld sal sien.

Reinhard het naas sy uitmuntende akademiese prestasie, ook nog sy tyd so bestuur dat hy selfs op die tennisbaan uitgeblink het. Hy is verlede jaar ingesluit in die Vrystaat-tennisspan.

Beide Reinhard se ouers, Anton en Marilize, is ingenieurs van beroep.

Hoërskool Parys se matrikulante van 2025 het ‘n 96,8% slaagsyfer behaal en spog in totaal met 58 A-simbole.

Benewens Reinhard se prestasie het vier van die skool se matrieks elk drie A-simbole ingepalm. Die matrikulante is George Marais, Heather Davies, Jennifer Edwards en Courtney Staines. Nege van die skool se matrieks het elk twee A-simbole verwerf.

Die 2025-matriekklas het nasionaal ‘n slaagsyfer van 88% behaar wat die hoogste is wat nog sedert die instelling van die huidige Nasionale Senior Sertifikaat Stelsel (NSS), behaal is.

Nasionaal het die Vrystaat se matrieks die naasbeste gevaar met KwaZulu Natal in die topposisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button